Your Recipe Blog

AARTAPPEL EN RISSIE KAASPOFFERTJIES

Recipe by
Cook: 20 - 25 minute

AARTAPPEL EN  RISSIE KAASPOFFERTJIES

  • 7 groot aartappels
  • ½ koppie melk (voeg nog by indien nodig)
  • 10 rissies verwyder die pitte en kerf dit (Ek het verskillende soorte gebruik)
  • 3 geklitste eiers
  • 5 koppies koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • ½ eetlepel sout (oppas vir teveel)
  • blokkies Mozzarella en Cheddar kaas ± 1 cm groot

Verhit die oondvooraf tot 180ºC. Kook aartappels en druk deeglik fyn saam met die melk.
Voeg die rissies en geklitste eiers by en meng deur. Voeg die sout by na smaak.
Voeg die koekmeel en bakpoeier by en meng goed.
Smeer jou pannetjies. (Ek het die een gebruik soos vir souttertjies)
Skep ‘n eetlepel aartappelmengsel in elke pannetjie holte.
Druk ‘n blokkie Mozzarella kaas en blokkie Cheddar kaas diep in die mengsel en bak so 20-25 minute.
Nota:
Ek het gerasperde Cheddarkaas oor gesprinkel.

Resep en foto: Hannie Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page