Your Recipe Blog

AARTAPPEL- EN PREISOP MET ‘N KNOFFEL KINKEL

AARTAPPEL- EN PREISOP MET ‘N KNOFFEL KINKEL

Aartappels geoes uit ons tuin. Moes iets maak, daar was baie, het klomp uitgedeel. Het gedink kook bietjie vir Franse spyskaart. Lekker as voorgereg of maaltyd vir koel hersdae of voor die kaggel in winter. Vanaand skuins voor agt begin aartappel en preie (Potato and Leek) sop gekook, ‘n groot pot vol vir vries.

  • 4 pakke preie, gewas (sny wit en liggroen gedeeltes in ringe – laat die blare weg)
  • 1 hele knoffel, geskil en opgekap
  • olyfolie en botter (genoeg om ‘n dun lagie onder in die pot se bodem te bedek)
  • 15 groot aartappels, geskil en fyn blokkies gesny
  • 2 liter hoenderaftreksel (indien vars aftreksel nie beskikbaar is nie, los 4 aftrekselblokkies op in kookwater)
  • 5 loerierblare
  • 1 teelepel gedroogte tiemie
  • sout en peper, na smaak
  • 750 ml vars room

Braai die preie en knoffel in die olyfolie en bottermengsel tot sag.
Voeg die aartappels, hoenderaftreksel en kruie by.
Kook totdat die aartappels heeltemal sag/pap is.
Verwyder die pot van die stoof en verpulp die sopmengsel met ‘n stokmenger of versapper in sarsies.
Wees baie versigtig om nie te veel te verpulp nie, aangesien die stysel taai kan raak. Die sop moet romerig en lig wees.
Voeg laastens die room by die aartappel- en preimengsel en roer deeglik deur.
Voeg sout en peper na smaak by.

Resep en foto: Elizabeth Randell Swart

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page