Your Recipe Blog

AARTAPPEL- EN KAASPAPIES

AARTAPPEL- EN KAASPAPIES

Ek het saam met gistraant se braai vir ons hierdie aartappelgoetertjies gemaak. Dit was soos vir ‘n oudurfie en was baaaaie lekker.

  • 3 medium aartappels, geskil en fyn opgesny
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel swartpeper
  • 2 teelepels knoffelvlokkies
  • 1 teelepel rooipeper
  • 1 teelepel gerookte paprika
  • 1 eetlepel Italiaanse gemengde kruie
  • ½ teelepel rissiepoeier
  • repies Mozarella kaas

Plaas die fyngesnyde aartappels met 1 teelepel sout in ‘n pot en bedek met water.
Bring tot kookpunt en kook stadig vir 5 min, dreineer en voeg die aartappels in ‘n mengbak saam met die meel en die speserye, meng goed deur tot dit ‘n redelik stywerige deeg vorm, nie pap nie.
Laat die mengsel afkoel en plaas in die yskas vir ongeveer 2 ure.
Vorm langwerperige papievormige bondeltjies met ‘n langwerperige holte in die middel en plaas ‘n repie kaas in die holte.
Vou die aartappelmengsel om die kaas sodat die kaas reg rondom eweredig toe is.
Rol die aartappel vormpie in ‘n bietjie meel wat op ‘n snyplank gesprinkel is.
Bak die papies in warm olie in ‘n pan of potjies vir n paar minute tot mooi bruin en gaar.
Skep die gebraaide aartappelpapie uit die olie en dreineer op handoekpapier.
Heerlik kaserig en krakerig buite om. Geniet dit saam met ‘n doopsous van jou keuse.

Nota:
Indien die papies ‘n bietjie groter is, sal dit langer bak.
Jy kan speserye van jou eie keuse gebruik, ek gebruik maar altyd my gunsteling speserye.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page