Your Recipe Blog

AARTAPPEL- EN GROENBOONTJIESLAAI

AARTAPPEL- EN GROENBOONTJIESLAAI

Resep en foto: Marian van Deventer
Iets anders as die normale aartappel slaai.
Omdat ons net 2 is en ek nie geweet het of dit lekker gaan wees nie, het ek min gemaak. So jy gaan dit moet verdubbel as jy meer mense is. Maak eers sous soos resep en as dit te min is kan jy meer maak.
  • baba aartappels
  • vars groenboontjies, opgesny
  • rooi ui, gekerf
  • 2 knoffel huisies, opgesny (ek het dit net ringetjies gesny)
  • groente speserye maar wees versigtig, net ‘n bietjie
  • Sny aartappels in wedges en kook in soutwater tot sag.
  • Sny ui in repies en sny knoffel en laas in ‘n pan saam met die boontjies en bietjie olie.  Braai tot boontjies net sag is.
  • Dreineer die water van die aartappels af en sit by jou gebraaide mengsel. Braai die water uit die aartappels.
  • Nota: Jy kan dit of in olyfolie, klapperolie of regte botter braai.
  • Strooi bietjie van die groente speserye oor.
  • In ‘n bakkie maak die volgende sous aan:
  • ½ koppie olyfolie
  • 1 eetlepel korrel mosterd (ek het net die Dijon korrelmosterd gehad)
  • 2 eetlepels mayonnaise
  • Meng dit goed met ‘n lepel.
  • Skep groente en sous in een bak en meng deur.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page