Your Recipe Blog

AARTAPPEL EN BOONTJIESLAAI

Recipe by
| Servings: 6

AARTAPPEL EN BOONTJIESLAAI

  • 2 aartappels, met skil en al in die mikrogolf gaargemaak
  • ½ rooi ui, baie fyn gekerf
  • 1 blikkie “baked beans”
  • 2 eiers, gekook
  • 1 eetlepel tuisgemaakte soetmosterd
  • ½ koppie mayonnaise
  • sout en swartpeper na smaak

Sny die gaar aartappels in blokkies. Ek hou die skil aan, maar jy kan dit verwyder as jy wil.
Dop die eiers af en sny dit ook in blokkies en hou eenkant. Meng alles saam, sit die gesnyde eier bo-op en plaas in die koelkas tot die braaivleis gaar is.
Hierdie is genoeg vir 6 mense as ‘n bygereg.

Foto en resep: Zita Harber

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page