AARBEI YSKASTERT
- 1 kg aarbei yogurt
- 2 pakkies aarbei jellie
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- 30 – 35 ml botter
- Cook and spray
- Water
- Vir versier:
- gemengde bessies
- wit skuimpies
- eetbare blomme vir versier
Plaas 2 pakkies jelliepoeier in ‘n mengbak. Kook 350 ml water en meng by die jelliepoeier. Roer tot al die suiker opgelos het.
Sit 350 ml koue water by, meng deur. Los om af te koel.
Maak die Tennisbeskuitjies fyn, smelt die botter en voeg by die Tennisbeskuitjies. Meng goed saam vir die kors.
Spuit ‘n tertbak waarin jy die tert maak met bietjie “cook and spray” (verhoed dat die tert teen die bak vaskleef).
Skep die beskuitjies in die tertbak en druk plat met ‘n lepel om kors te vorm.
Plaas die yogurt in ‘n mengbak en voeg ¾ van die aangemaakte jellie by.
Klits goed saam en giet dit oor die Tennisbeskuitjie kors. Sit dit in die yskas vir 4 ure.
As die tert vir 4 ure gestol het, giet versigtig die res van die jellie bo-op om die boonste rooi laag te vorm.
Laat dit in die yskas stol vir 2 ure.
Versier nou met skuimpies, blomme en berries, of iets van jou keuse.
Resep en foto: Megan Marais
Die een klink heerlik gaan hom maak sal foto opsit wanneer ek hom klaar gebak het mr sal ook deur ander gaan