AARBEI KONFYT
- 2 kg aarbeie
- 2 kg suiker
- 2 eetlepels suurlemoen sap
Vorige aand:
Sny stingeltjie van die aarbeie uit en halveer.
Pak lae suiker en aarbeie in ‘n groot skottel en sit oornag in die yskas.
Volgende dag:
Skep die vrugte oor in ‘n groot pot en roer goed deur.
Kook op lae hitte tot die suiker heel opgelos is, voeg suurlemoen sap by en draai hitte dat die konfyt kook.
Skep skuim af en kook tot stroop dik is. Toets op ‘n yskoue piering.
Bottel in warm flessies en draai dadelik die deksels op.
Nota:
Ek steriliseer myne nog in die oond, maak seker die deksels is ook gedoen.
Foto: Elna Erasmus
Hoekom styg my aarbeie boontoe in die bottel en versprei nie deur die stroop nie?
Dalk is jou stroop nie dik genoeg nie, of daar is teveel stroop en te min vrugte.