AARBEI JOGURTTERT
“ Ek het nou sommer hierdie lekker aarbei jogurttert gemaak vir my hostel mense. Ek het die resep verdubbel omdat ek 25 mense moet voer.
- 1 pakkie aarbeie (250 g)
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies (ek het net bottervingerkoekies gehad)
- 1 x 85 g pakkie jelliepoeier (aarbei geur, verkieslik)
- ½ koppie kookwater
- 400 g jogurt (aarbei geur, verkieslik)
Pak die koekies plat onder in die tertbak.
Meng die jelliepoeier met die kookwater. Laat dit verkoel, maar nie stol nie.
Verpulp die aarbeie. Voeg dit by die afgekoelde jellie.
Meng die kondensmelk en jogurt by.
Versprei die hele aarbeimengsel oor die beskuitjies.
Plaas dit in die yskas om te stol.
Nota:
Jy kan enige geur jogurt en jellie en vrugte gebruik, net solank almal dieselfde geur is.
Ek gebruik die gewone grootte Pyrex bak wat 12 (4 in die lengte en drie in die breedte) Tennisbeskuitjies gebruik.
Plasing en foto: Sandre Macleod