AARBEI EN PAPPINO KONFYT
- 650 g aarbeie
- 650 g pappinos
- 1.3 kg suiker
- 4 eetlepels suurlemoen sap
Maak vrugte skoon en spoel mooi af. Sny in stukke en versap.
Sit in ‘n pot saam met die suiker en suurlemoen sap.
Kook stadig tot suiker opgelos is.
Kook nou vinniger vir so 45 minute, toets met koue piering uit vrieskas.
As jy jou vinger deur die konfyt op die koue piering trek en dit rippel, is dit reg.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels.
Heerlik. En dit ruik fantasties as dit kook.
Foto en Resep: Christine Cotter