Your Recipe Blog

7 POT DOUGLAH RISSIEBLATJANG

Recipe by
| Servings: 8 liter

7 POT DOUGLAH RISSIEBLATJANG

Aan al die waaghalse 😁 ‘n heerlike warm blatjang vir die koue aande. 7 Pot Douglah rissies is van die warmste rissies in die wêreld.

  • 1 kg perskes, gedroog
  • 500 g appelkose, gedroog
  • 4 kg suiker
  • 4 liter bruin asyn
  • 800 g uie, grof gekap
  • 20 g sout (nie gejodeerde sout nie, ons gebruik Himalayan sout)
  • 8 knoffeltone
  • 10 g rooipeperpoeier
  • ½ – 2 teelepels ” gefermenteerde 7 Pot Douglah pasta” – sien aanwysings onder

Week vrugte oornag in 2 liter asyn, roer so elke dan en wan om te meng.
Kook die volgende dag vir ongeveer 15 minute, totdat al die vrugte sag is.
Skep die vrugte uit die sous en sit in menger saam met uie en knoffel. Meng tot fyn, maar tog effe stukke. Skep die vrugte terug in die pot by die sous.
Voeg die oorblywende 2 liter asyn, suiker, sout, rooipeper en “Douglah pasta” by.
Kook op medium tot lae hitte vir 2 ure, roer gereeld om nie aan te brand nie.
Vloeistof sal minder word en mengsel sal dikker word.
Skep in gesteriliseerde bottels, dit behoort na ongeveer een week reg te wees vir gebruik.

Nota:
Ons het dit in 2 potte opgedeel om verskillende brand sterkte te kry.
Het 26 x 250 ml bottels uitgekry.

Douglah pasta:
Puree so 170 g van die 7 Pot Douglah rissies.
Voeg 5 g sout by (nie gejodeerde sout nie, ons gebruik Himalayan sout)
Ferment vir ‘n week.
Dit maak ongeveer 140 ml pasta.

Resep: Christiaan Smith
Foto en resep aanpassings: Frances Smith

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page