Your Recipe Blog

7 MINUTE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 7 minutes + 10 min. stading time

7 MINUTE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK

Gewone 7 min mikrogolf sjokoladekoek in ringpan met kersies ook in beslag en Orley Whip geklop met blikkie Caramel kondensmelk bo-oor en neute gestrooi👌

  • 500 ml koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 30 ml kakao
  • knippie sout
  • 250 ml suiker
  • 3 ekstra groot eiers
  • 125 ml kookolie
  • 250 ml kookwater

Bespuit ‘n 2 liter roomysbak.
Voer bodem met dubbellaag handoekpapier uit.
Sif meel, bakpoeier, kakao en sout saam in mengbak.
Voeg suiker by en meng goed deur.
Klits eiers, olie en kookwater saam en voeg by droë bestanddele. Klits goed tot gemeng.
Giet in voorbereide bak of losboompan.
Plaas bak op omgekeerde piering in mikrogolf vir 7 min op hoog. Laat 10 min staan in die mikrogolf.
Keer uit op draadrak.
Versier na smaak wanneer afgekoel.

Resep geplaas en foto:  Mariette Heydenrych-Kotze

One Review

  1. kleintjie

    baie dankie.Rina gaan sowaar jou resep probeer.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page