4-LAAG WORTELKOEK
Gebruik 2 x 22.5 mm panne. Ek’t die troukoek dubbel aangemaak en in 4 panne gebak.
Ek was bevoorreg genoeg om verlede naweek my seun en skoondogter se troukoek te maak.
Al vier lae net opmekaar met versiersel, daai caketopper het hom bymekaar gehou.
- Beslag:
- 6 eiers
- 3 koppies suiker
- 2 koppies kookolie
- 4 koppies koekmeel
- 250 ml pekaneute
- 20 ml bakpoeier
- 10 ml koeksoda
- 10 ml neutmuskaat
- 10 ml kaneel
- 650 g gerasperde wortels
- 5 piesangs
- Versiersel:
- 90 g margarien
- 450 g versiersiersuiker
- 1 bakkie roomkaas
- 2 ml vanilla geursel
- pekaneute, vir versiering bo-op
Voorverhit die oond tot 160ºC.
Klits eiers en suiker tot dik en romerig. Klits dan kookolie by en klits nog so 3 minute.
In ‘n ander bak sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda, neut en kaneel saam, voeg die pekanneute by en meng deur.
In nog ‘n bak rasper wortel en piesangs. Voeg dan die meelmengesel om die beurt by eiermengsel tesame met die wortelmengsel.
Smeer/spuit twee ronde koekpanne en verdeel die beslag in die twee panne.
Bak vir 75 minute teen 160°C.
Versiersel:
Klits die botter en versiersuiker saam, voeg die roomkaas en vanilla by en meng goed tot romerig, moenie teveel klits nie.
Sny die twee koeke in die helfte deur sodat daar vier lae is en smeer van die vulsel op elke laag om opmekaar te plak. Rond af met pekanneute.
Resep en foto’s: Maretha Niemand Prins