4 BESTANDDELE VRUGTEKOEK
- 1 kg vrugtekoekmengsel
- 2 koppies sjokolade melk
- ¾ koppie Baileys cream likeur
- 2 koppies bruismeel
Week vrugte oornag in melk en Baileys likeur in die yskas.
Verhit oond na 170 ºC.
Smeer’n koekpan en voer uit met twee lae bakpapier.
Meng meel en koekvrugtemengsel deeglik saam.
Skep die mengsel in die voorbereide pan.
Bak 2 ure tot deurgaar.
Resep en foto: Chrissie Maree
Category: