3 MINUTE MIKROGOLF SKUIMPIES
Net twee bestanddele en dit is ongelooflik. Nooit weer klits ek eierwitte nie!
- 300 g versiersuiker
- 1 ekstra groot eierwit
Gooi eierwit by versiersuiker en knie tot balvorm en maak klomp klein balletjies.
Sit vier op ‘n slag op ‘n bord en sit vir twee minute in mikrogolf.
Herhaal tot alles gedoen is.
En dit is al!
Nota:
Ek sal net volgende keer my balletjies baie klein maak.
Plasing: Elizabeth Haupt
Foto: Elizabeth Haupt