3 LAAG KLAM VANILLAKOEK
Klam Vanillakoek vir vandag – versier met frambose, gekapte neute en gekapte groenvye.
- 2 koppies koekmeel
- 2 koppies bruismeel
- 15 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 375 ml suiker
- ¾ koppie olie
- 4 eiers
- 10 ml vanilla geursel
- 500 ml karringmelk
- ¾ koppie melk
- 10 ml koeksoda
- 12.5 ml asyn
Sif meel, bakpoeier en sout saam en hou eenkant.
In ander mengbak klits suiker, eiers, olie en vanilla tot goed gemeng.
Voeg karringmelk by en meng.
Klits meelmengsel en eiermengsel saam en voeg melk by tot gladde beslag.
Heel laaste meng asyn en koeksoda by, moenie klits nie, meng net deur met ‘n lepel.
Skep in 3 voorbereide panne. (20 – 22 cm panne)
Bak 30 – 40 min by 180°C of tot toetspen skoon uitkom.
Keer uit op ‘n afkoelrakkie.
Laat koek heeltemal afkoel en versier na smaak.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld