Your Recipe Blog

2 BESTANDDELE ROOMYS

2 BESTANDDELE ROOMYS

(Elektriese menger noodsaaklik)

  • 450 ml vars room
  • 1 blikkie kondensmelk

Verkoel die kondensmelk in die yskas.
Klits die room tot styf op middelmatige spoed.
Voeg die kondensmelk by terwyl die klitser steeds aan is.
Klits op hoogste spoed tot die beslag goed gemeng en styf is.
Bêre in tupperware bak in die vrieskas.
Laat vries oornag.

Om geur variasies te maak:
Voeg enige geure of variasies by in die verhouding 1 geursel tot 2 mengsel.
Vou in, moet nie klits nie.

Nota:  Paul Lessing  
Ander variasies wat ook lekker werk is ‘n pakkie fyn Oreo koekies ingemeng of fyn gesnipperde glans kersies. Dis ook lekker om Safari se “Trail mix” (wat klein stukkies gedroogte vrugte is) ook in te meng. Maar ek stel voor gebruik eerder boksies whipping cream in stede van room, dan vorm die roomys nie ys kristalle nie en daar is nie ‘n kans dat jy dit te lank kan klits nie.

Variasie en tweede foto deur: Kokkedoor Tessie Els Kemp
‘Ek het 1 x 4 vinger Kit Kat daarby ingesny en brandewyn geursel ook in gemeng.’

Resep geplaas deur: Arina Van Tonder
Foto: Arina Van Tonder

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page