Your Recipe Blog

123 KOEKIEDEEG VIR “LEMON CREAMS”

Cook: 16 minutes

123 KOEKIEDEEG VIR “LEMON CREAMS”

  • 100 g suiker
  • 200 g botter
  • 300 g koekmeel
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 eier
  • knippie sout

Klits die suiker, botter en sout. Voeg die vanilla en eier by en meng stadig tot glad.
Sif die meel oor die mengsel en meng versigtig met die hande in tot NET gemeng.
Draai die deeg toe in pastiek en verkoel ten minste 2 ure.
Rol die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk af.
Pak die koekies op gesmeerde bakplate en vries die koekies net so op die plaat.
Bak by 160⁰C in ‘n voorverhitte oond.
Bak vir 8 min en draai en ruil die panne.
Bak ‘n verdere 8 min.
Laat die koekies staan vir so paar minute net om steweig te word nadat hulle gebak het.
Haal uit die panne met ‘n spaan.
Koel af op ‘n bakdoek. Plak twee-twee op mekaar met vulsel.

  • Vulsel:
  • ⅓ koppie botter
  • knippie sout
  • 1 koppie versiersuiker
  • 1 eiergeel
  • 1 teelepel gliserien
  • 1 suurlemoen se skil, baie fyn gerasper
  • 3 druppels “pale Lemon” gel koekkleursel

Klits die botter en sout saam.
Klits die versiersuiker in en klits goed.
Voeg die eiergeel, gliserien en kleursel by en klits tot wolkerig.
Klits die suurlemoenskil by en MENG net vinnig deur met die hand, anders gaan sy bittergeit uitkom.
Plak koekies opmekaar met ‘n dik laag vulsel en laat staan om te stol.

Nota:
Die vulsel gaan nie hard word nie.

Resep: Frikkie Jones
Foto:  Hannie Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page