SOUTVLEIS KOEKIES MET AARTAPPEL
Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs
- 2 aartappels, met skil aan gerasper
- 1 ui, gerasper
- 1 blik “corned beef” fyn gedruk
- sout en peper
- vars pietersielie, gekap
- 125 ml koekmeel
- 1 eier
- olie vir vlakbraai
- Meng al die bestanddele saam.
- Vorm in koekies, druk effens plat en braai weerskante tot goudbruin in pan.
- Pak in ‘n gespuite oondpan.
- Bak ongeveer 10 min by 180ºC tot alles gaar is.
- Bedien met sous van jou keuse!
Category:












