Your Recipe Blog

KLEIN MELKTERTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute | Servings: 84 Doppies

KLEIN MELKTERTJIES

Foto:  Petré van Jaarsveld
Hierdie deeg krimp glad nie.

  • Soetkors:
  • 4 koppies koekmeel
  • 1 koppie suiker
  • 1 eetlepel vlapoeier
  • 1 teelepel sout
  • 250 g margarien
  • 3 teelepels bakpoeier, afgeskraap
  • 2 eiers
  • Room suiker, botter en eiers. Meng die droë bestanddele met vingerpunte in die bottermengsel.
  • Rol uit tussen twee lae plastiek wat met meel bestrooi is, anders sal die deeg aan die roller vassit.
  • Smeer kolwyntjiepanne, plaas afgedrukte deeg daarin. Prik bodem met vurk.
  • Bak tot ligbruin by 180 ºC vir ongeveer 15 minute.
  • Kan lank in lugdigte houer gebêre word.
  • Melktertvulsel: (Baie lekker en romerig – Lewer 60 klein melktertjies)
  • 4 koppies melk
  • 1 eetlepel margarien
  • 3 groot eiers
  • ¼ teelepel sout
  • 1 koppie suiker1 ½ eetlepel koekmeel, opgehoop
  • 1 ½ eetlepel mielieblom, rond opgehoop
  • 1 eetlepel vlapoeier
  • 1 teelepel vanieljegeursel
  • Kook die melk en margarien saam. Klits die eiers, sout, suiker en vanieljegeursel saam.
  • Sif die koekmeel, mielieblom en vlapoeier saam.
  • Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en klits goed sodat al die klontjies kan oplos.
  • Roer ‘n bietjie van die kookmelk by die eiermengsel.
  • Roer dan geleidelik by die kookmelk in pot.
  • Roer tot vulsel verdik.
  • Verwyder van hitte, sit deksel op en laat 1 minuut lank kook.
  • Laat afkoel en plaas in yskas tot koud.
  • Spuit koue melktertpap in doppies.
  • Strooi pypkaneel met ‘n siffie oor.

 

One Review

  1. Ina de Baer

    Fantastiese resepte. Baie Dankie

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page