Your Recipe Blog

KLEIN MELKTERTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute | Servings: 84 Doppies

KLEIN MELKTERTJIES

Hierdie deeg krimp glad nie.

  • Soetkors:
  • 4 koppies koekmeel
  • 1 koppie suiker
  • 1 eetlepel vlapoeier
  • 1 teelepel sout
  • 250 g margarien
  • 3 teelepels bakpoeier, afgeskraap
  • 2 eiers

Room suiker, botter en eiers. Meng die droë bestanddele met vingerpunte in die bottermengsel.
Rol uit tussen twee lae plastiek wat met meel bestrooi is, anders sal die deeg aan die roller vassit.
Smeer kolwyntjiepanne, plaas afgedrukte deeg daarin. Prik bodem met vurk.
Bak tot ligbruin by 180 ºC vir ongeveer 15 minute.
Kan lank in lugdigte houer gebêre word.

  • Melktertvulsel: (Baie lekker en romerig – Lewer 60 klein melktertjies)
  • 4 koppies melk
  • 1 eetlepel margarien
  • 3 groot eiers
  • ¼ teelepel sout
  • 1 koppie suiker
  • 1 ½ eetlepel koekmeel, opgehoop
  • 1 ½ eetlepel milieblom, rond opgehoop
  • 1 eetlepel vlapoeier
  • 1 teelepel vanieljegeursel

Kook die melk en margarien saam. Klits die eiers, sout, suiker en vanieljegeursel saam.
Sif die koekmeel, mielieblom en vlapoeier saam.
Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en klits goed sodat al die klontjies kan oplos.
Roer ‘n bietjie van die kookmelk by die eiermengsel.
Roer dan geleidelik by die kookmelk in pot.
Roer tot vulsel verdik.
Verwyder van hitte, sit deksel op en laat 1 minuut lank kook.
Laat afkoel en plaas in yskas tot koud.
Spuit koue melktertpap in doppies.
Strooi pypkaneel met ‘n siffie oor.

Foto:  Petré van Jaarsveld

One Review

  1. Ina de Baer

    Fantastiese resepte. Baie Dankie

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page