KLEIN MELKTERTJIES
Foto: Petré van Jaarsveld
Hierdie deeg krimp glad nie.
- Soetkors:
- 4 koppies koekmeel
- 1 koppie suiker
- 1 eetlepel vlapoeier
- 1 teelepel sout
- 250 g margarien
- 3 teelepels bakpoeier, afgeskraap
- 2 eiers
- Room suiker, botter en eiers. Meng die droë bestanddele met vingerpunte in die bottermengsel.
- Rol uit tussen twee lae plastiek wat met meel bestrooi is, anders sal die deeg aan die roller vassit.
- Smeer kolwyntjiepanne, plaas afgedrukte deeg daarin. Prik bodem met vurk.
- Bak tot ligbruin by 180 ºC vir ongeveer 15 minute.
- Kan lank in lugdigte houer gebêre word.
- Melktertvulsel: (Baie lekker en romerig – Lewer 60 klein melktertjies)
- 4 koppies melk
- 1 eetlepel margarien
- 3 groot eiers
- ¼ teelepel sout
- 1 koppie suiker1 ½ eetlepel koekmeel, opgehoop
- 1 ½ eetlepel mielieblom, rond opgehoop
- 1 eetlepel vlapoeier
- 1 teelepel vanieljegeursel
- Kook die melk en margarien saam. Klits die eiers, sout, suiker en vanieljegeursel saam.
- Sif die koekmeel, mielieblom en vlapoeier saam.
- Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en klits goed sodat al die klontjies kan oplos.
- Roer ‘n bietjie van die kookmelk by die eiermengsel.
- Roer dan geleidelik by die kookmelk in pot.
- Roer tot vulsel verdik.
- Verwyder van hitte, sit deksel op en laat 1 minuut lank kook.
- Laat afkoel en plaas in yskas tot koud.
- Spuit koue melktertpap in doppies.
- Strooi pypkaneel met ‘n siffie oor.















Fantastiese resepte. Baie Dankie