ALTA SE SADEBESKUIT
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
- 500 g botter
- 2 koppies bruinsuiker
- 1 koppie olie
- 12½ ml vanilla geursel
- 500 ml karringmelk (+ ¼ koppie na gelang van deeg tekstuur)
- 2 eiers
- 1 kg bruismeel
- 15 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 50 ml klapper
- 1 koppie semels
- ½ koppie nutty wheat
- 1 koppie hawermout
- ½ koppie van elk na smaak: sesamesaad, lynsaad, sonneblomsaad, poppysaad, kan ook byvoeg: pampoensaad en pekaneute
- Smelt botter en suiker saam.
- Klits vanielje geursel, karringmelk, olie en eiers saam, voeg by bottermengsel en meng goed.
- Meng al die droë bestanddele saam en voeg die bottermengsel by die droë bestanddele, meng goed.
- Skep die deeg in die voorbereide beskuitpanne en maak gelyk. Druk af met drukker.
- Bak 20 minute in 180 °C oond.
- Bak dan verder vir 15 minute by 160 °C of tot gaar – oonde en lugdruk verskil nogal. Dit is ‘n baie sagte deeg.
- Droog uit volgens jou eie metode.
Category:












