MALVALEKKERTERT (MET PIENK STERI STUMPI)
Resep en foto: Amanda Austen
- 1 pakkie tennisbeskuitjies,fyn gedruk
- 100 g botter, gesmelt
- 1 blik kondensmelk
- 250 ml pienk steri stumpie (aarbeigeur)
- 250 ml vars room, styf geklits
- 200 g malvalekkers
- 125 ml kookwater
- 5ml vanilla geursel
- Meng die fyn beskuitjies met gesmelte botter. Druk in ‘n tertbord vas. Plaas in die yskas om te stol (20 – 30 minute).
- Plaas malvalekkers en kookwater in ‘n bak. Versnipper ‘n paar lekkers en hou eenkant vir versiering.Verhit liggies (mikrogolf of stoof) en roer tot heeltemal gesmelt en glad.
- Voeg die kondensmelk en steri stumpie by die gesmelte malvalekkers. Meng goed. Laat effens afkoel.
- Vou die styfgeklopte room in. Skep die mengsel oor kors, plaas in die yskas om te stol (verkieslik oornag).
- Versier met malvalekkers of room (of beide).
Category:












