Your Recipe Blog

MALVALEKKERTERT (MET PIENK STERI STUMPI)

MALVALEKKERTERT (MET PIENK STERI STUMPI)

Resep en foto: Amanda Austen

  • 1 pakkie tennisbeskuitjies,fyn gedruk
  • 100 g botter, gesmelt
  • 1 blik kondensmelk
  • 250 ml pienk steri stumpie (aarbeigeur)
  • 250 ml vars room, styf geklits
  • 200 g malvalekkers
  • 125 ml kookwater
  • 5ml vanilla geursel
  • Meng die fyn beskuitjies met gesmelte botter. Druk in ‘n tertbord vas. Plaas in die yskas om te stol (20 – 30 minute).
  • Plaas malvalekkers en kookwater in ‘n bak. Versnipper ‘n paar lekkers en hou eenkant vir versiering.Verhit liggies (mikrogolf of stoof) en roer tot heeltemal gesmelt en glad.
  • Voeg die kondensmelk en steri stumpie by die gesmelte malvalekkers. Meng goed. Laat effens afkoel.
  • Vou die styfgeklopte room in. Skep die mengsel oor kors, plaas in die yskas om te stol (verkieslik oornag).
  • Versier met malvalekkers of room (of beide).

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page