GROENTESOP MET OF SONDER MAALVLEIS
Resep en foto: Christelle van Rooyen
- 500 g fyn gekerfde vars groenbone
- 500 g maalvleis (opsioneel)
- 3 liter kookwater
- 3 beesblokkie ekstrak
- 2 uie fyn gesny
- 3 medium wortels gerasper
- 2 medium aartappels gerasper
- sout en kruie na smaak
- 2 bees ekstrak blokkies
- 1 koppie kleinerige pasta (opsioneel)
- 1 of 2 pakkies cream of vegetables of minestrone soppoeier (opsioneel)
- Kook groenbone en uie (en maalvleis indien jy dit byvoeg) ‘n ruk apart in 3 liter water waarin 3 beesblokkies vooraf opgelos is.
- Voeg speserye en res van die bestanddele by. Kook deur, tot al die groente amper sag is.
- Voeg die pasta by indien jy dit gebruik en kook tot die pasta sag maar nie pap is nie.
- Verdik met soppoeier wat met bietjie water gemeng is, indien verkies. Kook deur en bedien.
- Nota:
- Kool en murg pampoentjies werk ook lekker vir afwisseling.
- Geniet met tuisgebakte brood of ciabattas opgesny en gerooster.
- Cheddarkaas vir ekstra lekkerte.
Category:













