Your Recipe Blog

GROENTESOP MET OF SONDER MAALVLEIS

GROENTESOP MET OF SONDER MAALVLEIS

Resep en foto:  Christelle van Rooyen

  • 500 g fyn gekerfde vars groenbone
  • 500 g maalvleis (opsioneel)
  • 3 liter kookwater
  • 3 beesblokkie ekstrak
  • 2 uie fyn gesny
  • 3 medium wortels gerasper
  • 2 medium aartappels gerasper
  • sout en kruie na smaak
  • 2 bees ekstrak blokkies
  • 1 koppie kleinerige pasta (opsioneel)
  • 1 of 2 pakkies cream of vegetables of minestrone soppoeier (opsioneel)
  • Kook groenbone en uie (en maalvleis indien jy dit byvoeg) ‘n ruk apart in 3 liter water waarin 3 beesblokkies vooraf opgelos is.
  • Voeg speserye en res van die bestanddele by. Kook deur, tot al die groente amper sag is.
  • Voeg die pasta by indien jy dit gebruik en kook tot die pasta sag maar nie pap is nie.
  • Verdik met soppoeier wat met bietjie water gemeng is, indien verkies. Kook deur en bedien.
  • Nota:
  • Kool en murg pampoentjies werk ook lekker vir afwisseling.
  • Geniet met tuisgebakte brood of ciabattas opgesny en gerooster.
  • Cheddarkaas vir ekstra lekkerte.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page