HOENDER- EN GROENTESOP MET KOOL
Resep en foto: Christelle van Rooyen
- 1 kg gemengde hoenderstukke
- 3 liter kookwater
- 3 hoender ekstrak blokkies
- 3 gerasperde wortels
- 2 gerasperde aartappels
- 2 fyn gesnyde medium uie
- 350 g gekerfde groenbooontjies
- ¼ fyn gesnyde koolkop
- 1 koppie gebreekte spaghetti of skulp noedels
- knoffel vlokkies
- swart peper
- paprika
- sout
- gedroogte of vars pietersiele
- Kook gemengde hoenderstukke (die bene gee ekstra geur) in ± 3 liter kookwater waarin 3 hoender ekstrak blokkies opgelos is, tot sag en ontbeen.
- Voeg speserye, groentes en en laat kook ‘n rukkie.
- Voeg die pasta by.
- Laat kook alles saam tot gaar (roer gereeld dat dit nie onder aanbrand nie).
- Nota:
- Die pasta moenie papkook nie, dit sal meer uitsit sodra die kastrol van die hitte verwyder word.
- Opsioneel:
- Vir ‘n dikker sop voeg 2 pakkie knorr hoender noedel sop by. Maak aan met bietjie water en voeg by indien gebruik.
- Geniet dit netsó of met geroosterde brood (met of sonder gerasperde cheddar).
- Laat die sop wat oorbly, afkoel en plaas in die yskas óf vries.
- Die sop is die volgende dag nóg lekkerder.
Category:












