Your Recipe Blog

HOENDER- EN GROENTESOP MET KOOL

Recipe by
| Servings: Genoeg vir 10 liter sop

HOENDER- EN GROENTESOP MET KOOL

Resep en foto:  Christelle van Rooyen

  • 1 kg gemengde hoenderstukke
  • 3 liter kookwater
  • 3 hoender ekstrak blokkies
  • 3 gerasperde wortels
  • 2 gerasperde aartappels
  • 2 fyn gesnyde medium uie
  • 350 g gekerfde groenbooontjies
  • ¼ fyn gesnyde koolkop
  • 1 koppie gebreekte spaghetti of skulp noedels
  • knoffel vlokkies
  • swart peper
  • paprika
  • sout
  • gedroogte of vars pietersiele
  • Kook gemengde hoenderstukke (die bene gee ekstra geur) in ± 3 liter kookwater waarin 3 hoender ekstrak blokkies opgelos is, tot sag en ontbeen.
  • Voeg speserye, groentes en  en laat kook ‘n rukkie.
  • Voeg die pasta by.
  • Laat kook alles saam tot gaar (roer gereeld dat dit nie onder aanbrand nie).
  • Nota:
  • Die pasta moenie papkook nie, dit sal meer uitsit  sodra die kastrol van die hitte verwyder word.
  • Opsioneel:
  • Vir ‘n dikker sop voeg 2 pakkie knorr hoender noedel sop by. Maak aan met bietjie water en voeg by indien gebruik.
  • Geniet dit netsó of met geroosterde brood (met of sonder gerasperde cheddar).
  • Laat die sop wat oorbly, afkoel en plaas in die yskas óf vries.
  • Die sop is die volgende dag nóg lekkerder.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page