VINNIGE SEMELBESKUIT
Resep geplaas deur Renate Strydom Engelbrecht
-
500 g snowflake bran muffin mix
-
½ koppie klapper
-
½ koppie okkerneute, grof gekap
- 2 eiers
- 125 ml olie
- 330 ml melk
- Meng die muffin mix, eiers, olie en melk volgens die aanwysings op die verpakking.
- Voeg die klapper en neute by en meng deur.
- Skep in oondvaste gespuite pan en bak teen 180ºC tot gaar wanneer getoets word. Ongeveer 20 min.
- Laat afkoel en sny in beskuitjies volgens smaak.
- Pak gesnyde beskuite op oondrak of pan en droog uit teen 100°C vir ongeveer 3 ure of tot droog, hang af hoe dik die beskuite gesny is.
- Laat die droë beskuit in oond afkoel met die deur oop op ‘n klein skrefie.
Geniet!
Category:












