GLUTENVRYE GEMMERKOEKIES
- 110 g margarien (kamertemperatuur)
- 1 koppie suiker
- 1 eier
- 60 ml gouestroop
- 2 koppies glutenvrye meel
- 1 hoë teelepel gemmerpoeier
- 1 teelepel gemende speserye
- 1 teelepel koeksoda
- ½ teelepel xantham gum (2 ½ ml)
- knippie sout
Verhit die oond tot 180°C.
Room die margarien, suiker, eier en stroop saam.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Los dit oornag in die yskas. ( Baie belangrik)
Rol balletjies en druk baie liggies effens platter.
Pak op ‘n voorbereide bakplaat.
Bak 12 minute.
Nota:
Die koekies is sag wanneer hulle warm is, maar word hard as hulle afkoel.
Resep en foto: Marie Grobler












