Your Recipe Blog

JAN ELLIS POEDING IN DIE PRUTPOT

Cook: 1.5 ure

JAN ELLIS POEDING IN DIE PRUTPOT

Resep en foto: Sonja Beukes Oosthuizen

  • 125 ml melk
  • 5 ml koeksoda
  • 25 ml sagte botter
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 2 eiers
  • 125 ml suiker
  • knippie sout
  • 375 ml bruismeel
  • Sit die prutpot aan op “Hoog” met ‘n bitter klein bietjie water om die bodem te bedek sodat die pot kan warm word.
  • Los die koeksoda in die melk op en laat dit staan tot nodig.
  • Meng die res van die bestanddele saam in ‘n mengbak, voeg die koeksoda melk by en meng.
  • Spuit die prutpot se kante met Spray and Cook.
  • Skep die deeg in die prutpot in die water en sit die deksel op. Stel op 1½ uur.
  • Hou dop na 1½ uur was myne reg en mooi bruin. Toets maar vir gaarheid.
  • Terwyl die poeding bak, maak solank die sous:
  • 250 g botter
  • 250 ml suiker
  • 250 ml room
  • 250 ml melk
  • 10 ml vanilla geursel
  • Sit al die bestanddele in ‘n kastrol en verhit oor middelmatige hitte tot die botter en suiker gesmelt is en borrels begin vorm.
  • Stel die plaat op hoog en sodra dit begin op kook, tel dit van die plaat af en klop met “whisk” tot dit weer af sak. Herhaal dit so 3 of 4 keer.
  • Giet die sous oor die warm gaar poeding in die prutpot, sit die deksel op en sit die prutpot af dat dit net so staan.

Bedien met room of vla.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page