JAN ELLIS POEDING IN DIE PRUTPOT
Resep en foto: Sonja Beukes Oosthuizen
- 125 ml melk
- 5 ml koeksoda
- 25 ml sagte botter
- 30 ml appelkooskonfyt
- 2 eiers
- 125 ml suiker
- knippie sout
- 375 ml bruismeel
- Sit die prutpot aan op “Hoog” met ‘n bitter klein bietjie water om die bodem te bedek sodat die pot kan warm word.
- Los die koeksoda in die melk op en laat dit staan tot nodig.
- Meng die res van die bestanddele saam in ‘n mengbak, voeg die koeksoda melk by en meng.
- Spuit die prutpot se kante met Spray and Cook.
- Skep die deeg in die prutpot in die water en sit die deksel op. Stel op 1½ uur.
- Hou dop na 1½ uur was myne reg en mooi bruin. Toets maar vir gaarheid.
- Terwyl die poeding bak, maak solank die sous:
- 250 g botter
- 250 ml suiker
- 250 ml room
- 250 ml melk
- 10 ml vanilla geursel
- Sit al die bestanddele in ‘n kastrol en verhit oor middelmatige hitte tot die botter en suiker gesmelt is en borrels begin vorm.
- Stel die plaat op hoog en sodra dit begin op kook, tel dit van die plaat af en klop met “whisk” tot dit weer af sak. Herhaal dit so 3 of 4 keer.
- Giet die sous oor die warm gaar poeding in die prutpot, sit die deksel op en sit die prutpot af dat dit net so staan.
Bedien met room of vla.












