SEWE LAGIE SLAAI
Foto: Ria Tolken
- 1 blaarslaai, gewas en gebreek
- 1 ui, in ringe gesny
- 1 pak gebraaide spekvleis
- 1 pak grof gekerfde sampioene
- 1 koppie murgpampoentjies, in ringe gesny
- 1 koppie cheddarkaas, in blokkies gesny
- 250 g ontdooide ertjies
- klein kersie tamaties vir kleur, opsioneel
- dun gesnyde gekookte eier, mooi teen die kante van die bak om dit mooi te laat lyk, opsioneel
- mayonnaise
- 1 koppie gerasperde kaas vir bo-oor
- Neem ‘n mooi glasbak met hoë kante, sodat mens elke laag kan sien.
- Pak alles in lae tot die bak vol is.
- Sit ‘n dik laag mayonnaise of Miracle Whip heel bo-op een sprinkel die gerasperde kaas bo-oor.
- Stukkies gebraaide spek kan ook bo-op gesprinkel word indien verkies.
- Maak die slaai toe met kleefplastiek en laat oornag in die yskas staan.
- Soos die mense opskep, gaan die mayonnaise deur die hele bak slaai.
Dis is heerlik!
Category:












