Your Recipe Blog

KAKAOBLOKKIES MET WATERVIERSELSEL

KAKAOBLOKKIES MET WATERVIERSELSEL

Resep geplaas deur Sandra Etsebeth
Hierdie resep kom uit Kleinkoekies 300 van Erina Bezuidenhout.

  • 250 g margarien
  • 100 g suiker
  • 240 g koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml kakao
  • 80 g klapper
  • 5 ml vanilla geursel, opsioneel
  • Room die margarien en suiker saam.
  • Sif die droë bestanddele saam en voeg die klapper by. Voeg dit by die margarienmengsel en meng deur.
  • Druk die deeg in ‘n klein gesmeerde rolkoekpannetjie en bak by 190ºC (375ºF) vir 20 minute.
  • Terwyl dit nog warm is, bedek met waterversiersel en laat in koelkas afkoel.
  • Sny in blokkies en haal uit.
  • Waterversiersel
  • 195 g versiersuiker
  • 30 ml kakao
  • 45 ml water
  • 5 ml vanilla geursel, opsioneel
  • Meng alles goed saam en skep oor die gebakte warm blokkies.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page