Your Recipe Blog

KAKAOBLOKKIES MET WATERVIERSELSEL

KAKAOBLOKKIES MET WATERVIERSELSEL

Hierdie resep kom uit Kleinkoekies 300 van Erina Bezuidenhout.

  • 250 g margarien
  • 100 g suiker
  • 240 g koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml kakao
  • 80 g klapper
  • 5 ml vanilla geursel, opsioneel

Room die margarien en suiker saam.
Sif die droë bestanddele saam en voeg die klapper by.
Voeg dit by die margarienmengsel en meng deur.
Druk die deeg in ‘n klein gesmeerde rolkoekpannetjie en bak by 190ºC (375ºF) vir 20 minute.
Terwyl dit nog warm is, bedek met waterversiersel en laat in koelkas afkoel.
Sny in blokkies en haal uit.

  • Waterversiersel
  • 195 g versiersuiker
  • 30 ml kakao
  • 45 ml water
  • 5 ml vanilla geursel, opsioneel

Meng alles goed saam en skep oor die gebakte warm blokkie.

Resep geplaas deur Sandra Etsebeth

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page