Your Recipe Blog

GEMARINEERDE BOKKOMS OF VISBILTONG

GEMARINEERDE BOKKOMS OF VISBILTONG

Resep en foto’s: Mara Swanepoel
Die hoeveelheid van bestanddele is volgens eie smaak en keuse.

  • bokkoms
  • agurkies, opgesny in repies
  • uitjies, gesny in skywe
  • peppadews, opgesny in repies
  • olyf olie
  • suurlemoenpeper
  • knoffel en kruie speserye
  • Vlek die bokkoms oop en maak dit skoon.
  • Deel elke vissie in 2 en plaas agurkies, uitjies of peppadews na keuse in die middel van die vissie.
  • Rol die vissie op met die vulsel en steek dit vas met ‘n tandestokkie.
  • Geur die olyfolie met die suurlemoenpeper of knoffel en kruie spesery na smaak en marineer die gevulde visrolletjies in die olie.
  • Wanneer jy dit wil gebruik, haal die gerolde vissies uit die olyfolie en druk droog met handdoekpapier.
  • Dis heerlik net so of kan met slaai bedien word, as voorgereg met Bruschetta of Provita, maaskaas gaan ook lekker saam met dit en ook tamatie-rissiekonfyt.
  • Nota en foto 2:
  • Jy kan ook die skoongemaakte bokkoms opsny in dun repies en inlê in die gegeurde olyfolie, Ina Paarman se speserye smaak ook lekker in die olie.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page