Your Recipe Blog

LEKKER KERRIE-FRIKKADELLE

Cook: 20 min

LEKKER KERRIE-FRIKKADELLE

Resep: Benhet Nieuwenhuizen
Foto: Laurette Hitchcock

  • Frikkadelle:
  • 1.2 kg beesmaalvleis
  • 1 ui, baie fyn gekap
  • 1 eetlepel tamatiesous
  • 1 eetlepel Worcestershiresous
  • 1 eetlepel blatjang
  • 1 teelepel appelkooskonfyt
  • knypie gemaalde koljander
  • knypie gemaalde kruienaeltjies
  • 1 teelepel sout
  • peper na smaak
  • 1 koppie vars broodkrummels (ek het oats gebruik)
  • 1 eier
  • Sous:
  • 4 eetlepels olie
  • 2 uie, gekap
  • 375 ml witasyn (ek’t bietjie minder gevat)
  • 5 eetlepels blatjang
  • 187 ml suiker
  • 1 eetlepel matige kerriepoeier
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt (ek 2 eetlepels gevat)
  • knypie kaneel
  • knypie rooipeper
  • Meng alles vir frikkadelle goed saam en maak balletjies. Pak in ‘n oondvaste bak.
  • Bak vir 20 min by 180ºC.
  • Meng alles vir sous en laat kook 20 min op laag.
  • Na 20 min giet oor frikkadelle en bak nog 15 min.

Heerlik!!!

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page