LEKKER KERRIE-FRIKKADELLE
Resep: Benhet Nieuwenhuizen
Foto: Laurette Hitchcock
- Frikkadelle:
- 1.2 kg beesmaalvleis
- 1 ui, baie fyn gekap
- 1 eetlepel tamatiesous
- 1 eetlepel Worcestershiresous
- 1 eetlepel blatjang
- 1 teelepel appelkooskonfyt
- knypie gemaalde koljander
- knypie gemaalde kruienaeltjies
- 1 teelepel sout
- peper na smaak
- 1 koppie vars broodkrummels (ek het oats gebruik)
- 1 eier
- Sous:
- 4 eetlepels olie
- 2 uie, gekap
- 375 ml witasyn (ek’t bietjie minder gevat)
- 5 eetlepels blatjang
- 187 ml suiker
- 1 eetlepel matige kerriepoeier
- 1 eetlepel appelkooskonfyt (ek 2 eetlepels gevat)
- knypie kaneel
- knypie rooipeper
- Meng alles vir frikkadelle goed saam en maak balletjies. Pak in ‘n oondvaste bak.
- Bak vir 20 min by 180ºC.
- Meng alles vir sous en laat kook 20 min op laag.
- Na 20 min giet oor frikkadelle en bak nog 15 min.
Heerlik!!!












