GEURIGE KERRIEMAALVLEIS
Resep en foto: Amanda Austen
- kook- of olyfolie
- 2 uie, opgekap
- 15 ml kerriepoeier
- 3 ml komyn
- 3 ml fyn gemmer
- 3 ml fyn koljander
- 5 ml borrie
- 1 heel kaneelstok
- 800 g maalvleis
- sout en peper na smaak
- 10 ml appelkooskonfyt
- 60 ml blatjang
- 15 ml tamatiepasta
- 2 tamaties ontvel en fyn gekap OF halwe blikkie (400 g) tamaties
- 1 – 2 aartappel in blokkies gesny, opsioneel
- 125 ml ertjies, opsioneel
- Verhit die olie in ‘n pan of kastrol en sorteer die ui daarin tot sag en glasig.
- Voeg die speserye by en roerbraai ‘n verdere minuut lank.
- Voeg die maalvleis by en braai totdat vleis gaar is.
- Geur met sout en peper en voeg die res van die bestanddele by (asook aartappel blokkies en ertjies indien gebruik).
- Verlaag die hitte, bedek en laat stadig prut tot geure goed gemeng is en aartappels sag is.
Bedien saam met rys.
Category:












