Your Recipe Blog

VRUGTEKELKIETERT MET SJOKOLADE SMAKIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 - 50 min | Servings: 9 ruim porsies. 12 kleiner porsies.

VRUGTEKELKIETERT MET SJOKOLADE SMAKIE

Resep en foto: Louise Groenewald

  • Beslag vir tert:
  • 2 koppies bruismeel
  • 2 plat teelepels koeksoda
  • ½ teelepel sout
  • 1 ½ koppies witsuiker
  • 2 groot of ekstra groot eiers
  • 800 g blik vrugtekelkie, die sap ingesluit
  • 60 ml kakao
  • Sous:  (giet oor sodra tert uit die oond kom)
  • 410 g ingedampte melk (1½ koppies)
  • ½ koppie botter of margarien
  • ½ koppie wit of ligbruinsuiker
  • 2 teelepels vanilla ekstrak
  • Opsioneel:
  • ½ koppie gerasperde klapper
  • ½ koppie fyngekapte okkerneute
  • Voorverhit die oond tot 180ºC.
  • Sif die meel saam met die koeksoda en sout.
  • Voeg die suiker by.
  • Meng die eiers en die vrugtekelkie (saam met die sap) by. Meng goed.
  • Giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondpan van 23 x 33 cm (9″ x 13″).
  • Bak die tert by 180°C vir 45 tot 50 minute of tot gaar. My tert het 55 minute gebak.
  • Die middelste kolletjie moet ook mooi ferm wees voor jy dit uithaal, moenie te haastig wees nie.
  • Terwyl die tert bak:
  • Meng al die sousbestanddele in ’n groot glasbak wat mikrogolfvriendelik is. Voeg ook die klapper by indien jy dit gaan gebruik.
  • Mikrogolf op hoog vir ongeveer 5 minute totdat dit begin kook. Hou dit dop – dit kan maklik oorkook.
  • Roer die sous goed en giet die warm sous stadig oor die warm tert sodra dit uit die oond kom. Strooi die fyn neute oor indien jy dit gaan gebruik.
  • Bedien met vla of roomys, louwarm of afgekoel.
  • Dit lewer ‘n mooi groot tert, 9 ruim porsies. 12 kleiner porsies.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page