MAALVLEIS MET SPEKVLEIS EN NIERBONE
Resep en foto: Amanda Austen
- 1 groot ui, fyn gekap
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- olie
- 10 ml rooipeper
- 125 g streepspekvleis, fyn gekap
- 1 kg maalvleis
- 1 blik (400 g) heel tamaties, fyn gekap
- 1 blik (410 g) tamatiepuree
- 45 ml suiker
- 1 blik (400 g) nierbone, gedreineer
- sout en peper na smaak
- Sorteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag en deurskynend. Roer die rooipeper by.
- Voeg die spekvleis by en braai tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
- Voeg die tamaties en tamatiepure by.
- Verlaag die hitte en laat prut tot die mengsel lekker souserig is en die meeste van die vloeistof afgekook het.
- Geur met sout en peper en voeg ook die suiker by.
- Voeg die nierbone by en laat prut tot goed warm.
Bedien met pasta of pitabrood.
Category:












