Your Recipe Blog

GEBAKTE APPELTERTJIES IN MUFFINPANNETJIES

Recipe by
Cook: 20 - 25 min | Servings: 6 groot porsies

GEBAKTE APPELTERTJIES IN MUFFINPANNETJIES

Resep en foto: Lorraine Wietz Brand

  • 250 ml suiker
  • 120 ml klapper
  • 37,5 ml margarien
  • 3 groot eiers
  • 250 ml bruismeel
  • 2 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 60 ml melk
  • 1 blik (385 g) tertappels
  • Voorverhit oond tot 180° C.
  • Smeer ‘n oondvaste bak van ongeveer 1,3 liter volume  of gebruik Spray and Cook.
  • Verroom suiker en margarien tot lig en romerig.
  • Voeg eiers een vir een by en klits goed.
  • Sif die droë bestanddele saam en meng geleidelik met die melk by die margarienmengsel.
  • Verdeel en skep in gesmeerde (dieperige) muffinpannetjies.
  • Ek het ‘n lekker diep muffin pannetjie en het 6 uitgekry.
  • Plaas tertappels in elke holte in die deeg.
  • Bak 20 – 25 minute lank tot muffins gaar is.
  • As dit afgekoel het, haal muffins uit en plaas in afsonderlike bakkies.
  • Sous:
  • 1 blik Idealmelk
  • 200 ml bruinsuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 eetlepels botter
  • Verhit die sous totdat die suiker gesmelt is en skep versigtig oor die muffins.

Bedien met room of roomys.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page