SUURLEMOENTERT MET PERFEKTE BOLAAG
Resep: Diani Page
Foto: Janieta Nell
- 125 g gesmelte margarien
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngedruk
- 2 blikke kondensmelk
- 4 eiers, geskei en by kamertemperatuur
- 250 ml vars suurlemoensap
- 125 ml strooisuiker
- Maak kors van Tennisbeskuitjies en margarien. Meng kondensmelk met eiergele.
- Meng suurlemoensap by.
- Skep mengsel in pan op kors en bak 10 min op 180ºC.
- Klop eierwitte tot sagte punte.
- Voeg strooisuiker bietjie vir bietjie by en klop tot stywe punt stadium.
- Skep eierwitte op die tert (strooi bietjie tertkrummels oor indien verkies).
- Bak tot goudbruin.
- Nota:
- Ek sit meer suiker in myne. Amper soos ‘n skuimpie. Wanneer dit klaar goudbruin bo-op is, skakel ek die oond af en los tert daarin om af te koel saam met die oond. Daarna sit ek dit in die yskas.
- Maklike tertkors indien jy nie koekies wil gebruik nie:
- Room die volgende saam:
- ½ koppie margarien
- ½ koppie suiker
- Voeg 1 eier by en meng goed.
- Voeg die volgende by:
- 2 koppies koekmeel
- 10 ml bakpoeier en meng weer goed.
- Deel die deeg in twee en druk uit in 2 panne om die kors te vorm.
- Bak op 180°C vir 15 min of tot goudbruin.
- Dit is my melktert kors resep en ek het dit sommer gebruik vir my suurlemoen tert gisteraand. Jy kan dit halveer as jy wil.
- Nota: Janieta Nell
- Voeg 1 eetlepel Maizena en 1 eetlepel asyn by jou meringue as jy dit klits saam met die suiker. Jy proe dit glad nie. Ek voeg ook so 2 eetlepels Maizena by die kondensmelk-mengsel. Dan vorm daar glad nie so ‘n “lagie” tussen die 2 mengsels nie. Hier is hoe myne gelyk het.
Category:












