SUURLEMOENTERT MET PERFEKTE BOLAAG
- 125 g gesmelte margarien
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngedruk
- 2 blikke kondensmelk
- 4 eiers, geskei en by kamertemperatuur
- 250 ml vars suurlemoensap
- 125 ml strooisuiker
Maak kors van Tennisbeskuitjies en margarien. Meng kondensmelk met eiergele.
Meng suurlemoensap by.
Skep mengsel in pan op kors en bak 10 min op 180ºC.
Klop eierwitte tot sagte punte.
Voeg strooisuiker bietjie vir bietjie by en klop tot stywe punt stadium.
Skep eierwitte op die tert (strooi bietjie tertkrummels oor indien verkies).
Bak tot goudbruin.
Nota:
Ek sit meer suiker in myne. Amper soos ‘n skuimpie. Wanneer dit klaar goudbruin bo-op is, skakel ek die oond af en los tert daarin om af te koel saam met die oond. Daarna sit ek dit in die yskas.
- Maklike tertkors indien jy nie koekies wil gebruik nie:
- Room die volgende saam:
- ½ koppie margarien
- ½ koppie suiker
- Voeg 1 eier by en meng goed.
- Voeg die volgende by:
- 2 koppies koekmeel
- 10 ml bakpoeier en meng weer goed.
Deel die deeg in twee en druk uit in 2 panne om die kors te vorm.
Bak op 180°C vir 15 min of tot goudbruin.
Dit is my melktert kors resep en ek het dit sommer gebruik vir my suurlemoen tert gisteraand. Jy kan dit halveer as jy wil.
Resep: Diani Page
Foto: Janieta Nell
Voeg 1 eetlepel Maizena en 1 eetlepel asyn by jou meringue as jy dit klits saam met die suiker. Jy proe dit glad nie. Ek voeg ook so 2 eetlepels Maizena by die kondensmelk-mengsel. Dan vorm daar glad nie so ‘n “lagie” tussen die 2 mengsels nie. Hier is hoe myne gelyk het.