Your Recipe Blog

SUURLEMOENTERT MET PERFEKTE BOLAAG

SUURLEMOENTERT MET PERFEKTE BOLAAG

Resep:  Diani Page
Foto: Janieta Nell

  • 125 g gesmelte margarien
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngedruk
  • 2 blikke kondensmelk
  • 4 eiers, geskei en by kamertemperatuur
  • 250 ml vars suurlemoensap
  • 125 ml strooisuiker
  • Maak kors van Tennisbeskuitjies en margarien. Meng kondensmelk met eiergele.
  • Meng suurlemoensap by.
  • Skep mengsel in pan op kors en bak 10 min op 180ºC.
  • Klop eierwitte tot sagte punte.
  • Voeg strooisuiker bietjie vir bietjie by en klop tot stywe punt stadium.
  • Skep eierwitte op die tert (strooi bietjie tertkrummels oor indien verkies).
  • Bak tot goudbruin.
  • Nota:
  • Ek sit meer suiker in myne. Amper soos ‘n skuimpie. Wanneer dit klaar goudbruin bo-op is, skakel ek die oond af en los tert daarin om af te koel saam met die oond. Daarna sit ek dit in die yskas.
  • Maklike tertkors indien jy nie koekies wil gebruik nie:
  • Room  die volgende saam:
  • ½ koppie margarien
  • ½ koppie suiker
  • Voeg 1 eier by en meng goed.
  • Voeg die volgende by:
  • 2 koppies koekmeel
  • 10 ml bakpoeier en meng weer goed.
  • Deel die deeg in twee en druk uit in 2 panne om die kors te vorm.
  • Bak op 180°C vir 15 min of tot goudbruin.
  • Dit is my melktert kors resep en ek het dit sommer gebruik vir my suurlemoen tert gisteraand. Jy kan dit halveer as jy wil.
  • Nota: Janieta Nell
  • Voeg 1 eetlepel Maizena en 1 eetlepel asyn by jou meringue as jy dit klits saam met die suiker. Jy proe dit glad nie. Ek voeg ook so 2 eetlepels Maizena by die kondensmelk-mengsel. Dan vorm daar glad nie so ‘n “lagie” tussen die 2 mengsels nie. Hier is hoe myne gelyk het.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page