SJOKOLADEBESKUIT (ROMANY CREAMS)
Resep geplaas: Jana Prinsloo
Foto 1 en nota: Erica Cosjin
Foto 2 en nota:Martie Labuschagne
- 900 g bruismeel
- 10 ml bakpoeier
- 75 g kakao
- 1 koppie donkerbruin suiker
- 3 ml sout
- 375 ml klapper
- 250 g margarien (Stork bake)
- 500 ml karringmelk
- 2 ekstra groot eiers, geklits
- Meng die droë bestanddele saam in ‘n mengbak en plaas eenkant.
- Smelt die margarien en voeg die eiers en karringmelk by, roer tot gemeng.
- Voeg die margarienmengsel by die droë bestanddele en roer tot goed gemeng.
- Druk die deeg in ‘n gesmeerde beskuitpan en bak in ‘n voorverhitte oond vir 45 min by 160°C (termowaaieroond) of vir 1 uur by 165°C (gewone oond).
- Sny die gaar beskuit in vorms van eie keuse en droog oornag uit by 50ºC.
Nota: Erica Cosjin – Vir die panneman pan met die snyers het ek die beslag 1.5 keer aangemaak. Smaak net soos “Romany creams”.
Nota: Martie Labuschagne – My weergawe van die “Romany cream” beskuit, dit is heerlik, probeer gerus. Ek het koekmeel (6 koppies) en bakpoeier (30 ml) gebruik ipv bruismeel en bakpoeier. Ek het ‘n ½ koppie sjokolade splinters bygevoeg en die margarien by die droë bestanddele ingevryf ipv gesmelt.













