WIT SJOKOLADE TOFFEE KAASKOEK
Resep getoets en foto: Reon Conradie
Ek het vandag ‘n resep wat tannie Linda gepost het gemaak. Dit is rerig erig lekker.
Dis is netso maklik om te maak.
- Kors:
- 1 pak Tennisbeskuitjies
- 100 g botter, gesmelt
- Maak die beskuitjies in ‘n voedsel verwerker fyn en voeg die gesmelte botter by. “Pulse” tot goed gemeng.
- Spuit en voer ‘n 22 cm losboom koekpan uit met bakpapier.
- Druk die beskuitjiemengsel op die boom vas en sit in yskas.
- Vulsel:
- 500 g Philidelpia roomkaas
- 1 blik kondensmelk
- 1 blok wit sjokolade, gesmelt en afgekoel
- 300 ml vars room
- 50 ml suurlemoensap
- 2 teelepels gelatien opgelos in 50 ml kookwater en afgekoel
- 300 ml bottel gekoopte desert sous, toffie geur
- Klits die roomkaas, kondensmelk, wit sjokolade, room en suurlemoensap tot glad.
- Voeg die afgekoelde gelatien by en meng goed.
- Skep die helfte van die kaaskoekvulsel in die koekiekors en giet die helfte van die toffie stroop oor.
- Neem ‘n mes se punt en trek patroontjies deur vir ‘n mabel effek.
- Skep die ander helfte van die kaaskoekmengsel oor en dan die ander toffie stroop.
- Trek weer met ‘n mespunt patrone deur.
- Laat oornag in yskas om te stol. Verwyder die ring en bedien.












