WIT SJOKOLADE TOFFEE KAASKOEK
Ek het vandag ‘n resep wat tannie Linda gepost het gemaak. Dit is rerig erig lekker.
Dis is netso maklik om te maak.
- Kors:
- 1 pak Tennisbeskuitjies
- 100 g botter, gesmelt
Maak die beskuitjies in ‘n voedsel verwerker fyn en voeg die gesmelte botter by. “Pulse” tot goed gemeng.
Spuit en voer ‘n 22 cm losboom koekpan uit met bakpapier.
Druk die beskuitjiemengsel op die boom vas en sit in yskas.
- Vulsel:
- 500 g Philidelpia roomkaas
- 1 blik kondensmelk
- 1 blok wit sjokolade, gesmelt en afgekoel
- 300 ml vars room
- 50 ml suurlemoensap
- 2 teelepels gelatien opgelos in 50 ml kookwater en afgekoel
- 300 ml bottel gekoopte desert sous, toffie geur
Klits die roomkaas, kondensmelk, wit sjokolade, room en suurlemoensap tot glad.
Voeg die afgekoelde gelatien by en meng goed.
Skep die helfte van die kaaskoekvulsel in die koekiekors en giet die helfte van die toffie stroop oor.
Neem ‘n mes se punt en trek patroontjies deur vir ‘n mabel effek.
Skep die ander helfte van die kaaskoekmengsel oor en dan die ander toffie stroop.
Trek weer met ‘n mespunt patrone deur.
Laat oornag in yskas om te stol. Verwyder die ring en bedien.