Your Recipe Blog

WIT SJOKOLADE TOFFEE KAASKOEK

WIT SJOKOLADE TOFFEE KAASKOEK

Resep getoets en foto: Reon Conradie
Ek het vandag ‘n resep wat tannie Linda gepost het gemaak. Dit is rerig erig lekker.
Dis is netso maklik om te maak.

  • Kors:
  • 1 pak Tennisbeskuitjies
  • 100 g botter, gesmelt
  • Maak die beskuitjies in ‘n voedsel verwerker fyn en voeg die gesmelte botter by. “Pulse” tot goed gemeng.
  • Spuit en voer ‘n 22 cm losboom koekpan uit met bakpapier.
  • Druk die beskuitjiemengsel op die boom vas en sit in yskas.
  • Vulsel:
  • 500 g Philidelpia roomkaas
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 blok wit sjokolade, gesmelt en afgekoel
  • 300 ml vars room
  • 50 ml suurlemoensap
  • 2 teelepels gelatien opgelos in 50 ml kookwater en afgekoel
  • 300 ml bottel gekoopte desert sous, toffie geur
  • Klits die roomkaas, kondensmelk, wit sjokolade, room en suurlemoensap tot glad.
  • Voeg die afgekoelde gelatien by en meng goed.
  • Skep die helfte van die kaaskoekvulsel in die koekiekors en giet die helfte van die toffie stroop oor.
  • Neem ‘n mes se punt en trek patroontjies deur vir ‘n mabel effek.
  • Skep die ander helfte van die kaaskoekmengsel oor en dan die ander toffie stroop.
  • Trek weer met ‘n mespunt patrone deur.
  • Laat oornag in yskas om te stol. Verwyder die ring en bedien.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page