SUURLEMOEN MERINGUETERT MET GEBAKTE KORS
Resep en foto: Tanya Botha
- Kors:
- 375 ml bruismeel
- knippie sout
- 125 ml sagte botter
- 125 ml strooisuiker
- 1 eier
- skil van 1 suurlemoen, fyn gerasper
- Vulsel:
- 2 blikkies kondensmelk
- 250 ml vars suurlemoensap
- 6 eiergele
- skil van 1 suurlemoen, fyn gerasper
- Meringue:
- 6 eierwitte
- 125 ml strooisuiker
- Kors:
- Sif die meel en sout in ‘n mengbak.
- Klits die botter, suiker, eier en suurlemoenskil saam tot goed gemeng.
- Werk die bottermengsel by die meel in met jou vingers en meng totdat die deeg ‘n bol vorm.
- Druk die deeg eweredig in ‘n gesmeerde tertbak vas, ek het ‘n 30 cm pirexbak gebruik.
- Bak die kors in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 10 minute, verwyder die bak uit die oond en plaas eenkant.
- Vulsel:
- Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam tot dik.
- Voeg die eiergele by, klits goed en meng die gerasperde skil by.
- Giet die vulsel oor die gebakte tertkors.
- Klits die 6 eierwitte met die ½ koppie strooisuiker totdat stywe punte vorm. (Voeg die strooisuiker bietjie bietjie by.)
- Sif ‘n klein bietjie Maizena oor die vulsel in die tertbak en skep die meringue bo-op die Maizena.
- Dit werk, dit verhoed dat die meringue nie los is van die vulsel wanneer dit klaar gebak is.
- Bak die tert in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 12 – 15 minute.
- Laat die tert afkoel en plaas dit oornag in die yskas.
Nota:
Portia Titiess – Ek voeg 1 houer roomkaas by die vulsel, dit gee ‘n voller mengsel en is nie so soet.
Category:












