Your Recipe Blog

SUURLEMOEN MERINGUETERT MET GEBAKTE KORS

Cook: 22 - 25 minute | Servings: 1 groot tert

SUURLEMOEN MERINGUETERT MET GEBAKTE KORS

  • Kors:
  • 375 ml bruismeel
  • knippie sout
  • 125 ml sagte botter
  • 125 ml strooisuiker
  • 1 eier
  • skil van 1 suurlemoen, fyn gerasper
  • Vulsel:
  • 2 blikkies kondensmelk
  • 250 ml vars suurlemoensap
  • 6 eiergele
  • skil van 1 suurlemoen, fyn gerasper
  • Meringue:
  • 6 eierwitte
  • 125 ml strooisuiker

Maak eers die tert kors.
Sif die meel en sout in ‘n mengbak.
Klits die botter, suiker, eier en suurlemoenskil saam tot goed gemeng.
Werk die bottermengsel by die meel in met jou vingers en meng totdat die deeg ‘n bol vorm.
Druk die deeg eweredig in ‘n gesmeerde tertbak vas, ek het ‘n 30 cm pirexbak gebruik.
Bak die kors in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 10 minute, verwyder die bak uit die oond en plaas eenkant.
Berei intussen die vulsel.
Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam tot dik.
Voeg die eiergele by, klits goed en meng die gerasperde skil by.
Giet die vulsel oor die gebakte tertkors.
Klits die 6 eierwitte met die ½ koppie strooisuiker totdat stywe punte vorm.
Sif ‘n klein bietjie Maizena oor die vulsel in die tertbak en skep die meringue bo-op die Maizena.
Dit werk, dit verhoed dat die meringue nie los is van die vulsel wanneer dit klaar gebak is.
Bak die tert in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 12 – 15 minute.
Laat die tert afkoel en plaas dit oornag in die yskas.

Nota:
Portia Titiess – Ek voeg 1 houer roomkaas by die vulsel, dit gee ‘n voller mengsel en is nie so soet.

Resep en foto: Tanya Botha

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5