Your Recipe Blog

SUURLEMOEN MERINGUETERT MET GEBAKTE KORS

Cook: 22 - 25 minute | Servings: 1 groot tert

SUURLEMOEN MERINGUETERT MET GEBAKTE KORS

Resep en foto: Tanya Botha

  • Kors:
  • 375 ml bruismeel
  • knippie sout
  • 125 ml sagte botter
  • 125 ml strooisuiker
  • 1 eier
  • skil van 1 suurlemoen, fyn gerasper
  • Vulsel:
  • 2 blikkies kondensmelk
  • 250 ml vars suurlemoensap
  • 6 eiergele
  • skil van 1 suurlemoen, fyn gerasper
  • Meringue:
  • 6 eierwitte
  • 125 ml strooisuiker
  • Kors:
  • Sif die meel en sout in ‘n mengbak.
  • Klits die botter, suiker, eier en suurlemoenskil saam tot goed gemeng.
  • Werk die bottermengsel by die meel in met jou vingers en meng totdat die deeg ‘n bol vorm.
  • Druk die deeg eweredig in ‘n gesmeerde tertbak vas, ek het ‘n 30 cm pirexbak gebruik.
  • Bak die kors in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 10 minute, verwyder die bak uit die oond en plaas eenkant.
  • Vulsel:
  • Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam tot dik.
  • Voeg die eiergele by, klits goed en meng die gerasperde skil by.
  • Giet die vulsel oor die gebakte tertkors.
  • Klits die 6 eierwitte met die ½ koppie strooisuiker totdat stywe punte vorm. (Voeg die strooisuiker bietjie bietjie by.)
  • Sif ‘n klein bietjie Maizena oor die vulsel in die tertbak en skep die meringue bo-op die Maizena.
  • Dit werk, dit verhoed dat die meringue nie los is van die vulsel wanneer dit klaar gebak is.
  • Bak die tert in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 12 – 15 minute.
  • Laat die tert afkoel en plaas dit oornag in die yskas.

Nota:
Portia Titiess – Ek voeg 1 houer roomkaas by die vulsel, dit gee ‘n voller mengsel en is nie so soet.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page