OUMA SE BROOD
Buns gebak van hierdie deeg en dis regtig baie lekker.
- 1 kg koekmeel
- 1 pakkie droë gis
- 30 ml olie
- 30 ml asyn
- 5 ml sout
- 10 ml suiker
- 600 ml lou water
Meng al die droë bestanddele saam.
Meng die water met die olie en asyn.
Meng nou die water en die meelmengsel.
Laat rys vir 2 – 3 ure tot verdubbel in volume.
Knie af en verdeel in 2 broodpanne.
Laat rys vir nog ‘n half uur of tot die panne net vol is.
Bak teen 180°C vir 1 uur.
Foto: Peet De Klerk












