- 30 ml kitskoffiekorrels
- 250 ml bruismeel
- 125 ml strooisuiker
- 125 ml bruinsuiker
- 1 eier
- 30 g botter, gesmelt
- Koffiesous:
- 500 ml water
- 30 ml kitskoffiekorrels
- 180 ml bruinsuiker
- 45 ml gouestroop
- 45 g botter, gesmelt
Verhit die melk en koffie en laat afkoel. Sif die meel, strooi- en bruinsuiker en maak ‘n holte in die middel.
Klits die eier, botter en melk-en-koffiemengsel saam en voeg by die meelmengsel.
Skep in ‘n gesmeerde oondbak van medium grootte. (21 x 27 cm)
Sous:
Meng al die bestanddele saam. Giet sous bo-oor die beslag en bak vir 1 uur in ‘n voorverhitte oond by 180ºC.
Resep getoets deur en foto: Louisa Hollenbach












